Friday 24 August 2012

Die Eerste Gesamentlike Vergadering van die ZAR se Volksraad in 1849


Ter inleiding:

"After serious efforts to end the divisions within the Voortrekker state, the first united meeting of the Volksraad of the Zuid-Afrikaansche Republiek took place on the farm, then belonging to Roelof J. Jansen, on May 22 and 23, 1849. The commitment to unity led to the establishment of the Zuid-Afrikaansche Republiek, and some historians thus consider the year 1849 as the year the Republic was born.

The western part of Derdepoort was, from March 3, 1864, the registered property of Johannes Barend Wolmarans and remained the property of the Wolmarans family until it was acquired by the Pretoria City Council in 1978.

Derdepoort with its historic farmhouse, known as Die Opstal, is a large recreational park just off the Pietersburg Highway on the north-easterly borders of Pretoria. The park is owned by the Pretoria City Council and operated by its Parks and Recreation Department."


Die Historiese Volksraadesvergadering

Die Volksraadsvergadering op Derdepoort in 1849 'n Poort is in Suid-Afrika onder meer 'n bree deurgang deur 'n bergreeks of heuwelrant op dieselfde hoogte bo die see as die aangrensende hoeveld. Daar is meer poorte in die Magaliesberg, die Buffelspoort, Wonderboompoort, Derdepoort en Pienaarsrivierpoort. In Wes-Transvaal is daar nog 'n plek met die naam Derdepoort.

Die Nuusbrief van die Stadsraad van Pretoria van Januarie-Februarie 1991, jaargang 10 no. 1, p.4, en die maandblad "Be my guest" van Maart 1992 wat hierbo aangehaal is, bevat een sinsnede wat 'n nadere beskouing verdien. Dit lui:
"The farm (Derdepoort) is connected to an important historical event. After serious efforts to end the divisions within the Voortrekker State (in Transvaal), the first united meeting of the Volksraad (people's council) of the Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR)1) took place on the farm, then belonging to Roelof J. Jansen, on May 22 and 23, 1849. The commitment to unity led to the establishment of the Zuid-Afrikaansche Republiek, and some historians thus consider the year 1849 as the year the Republic was born."

In hierdie sinsnede word die betekenis van die Volksraadsvergadering op Derdepoort in hoe mate oordryf. Die aanwesige verteenwoordigers het besluit om 'n eenheidstaat te stig, maar verteenwoordigers van Zoutpansberg was afwesig, die van Lydenburg het hulle spoedig weer van die eenheidstaat gedistansieer en die eenheid het eers heelwat jare later in 1860 tot stand gekom, toe Lydenburg hom weer by die Zuid-Afrikaansche Republiek aangesluit het.

Die meeste historieskrywers verwys kortliks na die vergadering op Derdepoort, sommige met voorbehoud.

Die geleentheidsrede van die voorsitter Andries W.j. Pretorius word seIde aangehaal. Dit is trouens swak van styl en arm van inhoud, moontlik omdat Pretorius se woorde gebrekkig opgeteken is. Ook dit gee aanleiding tot die gevolgtrekking dat die vergadering op Derdepoort van beperkte betekenis was.

Die Groot Trek en die vestiging van Boere in die Overvaalse (later Transvaal genoem) is gevolg deur groot verdeeldheid onder die Boere. Ten tyde van die vergadering op Derdepoort in 1849 was daar ten minste drie groepe of faksies. Die eerste groep wat hom die eerste gevestig het, was die volgelinge van Voortrekker Andries Hendrik Potgieter. Hy het eers Potchefstroom wat na hom vernoem is, gestig, die dorp in 1845 verlaat en Ohrigstad in Oos-Transvaal gestig, die dorp in 1848 verlaat en In dorp in Zoutpansberg in Noord-Transvaal gestig wat later Schoemansdal genoem is en in 1867 blywend verlaat is. Hy en sy volgelinge was gekant teen dominerende invloed van die Volksraad en teen betrekkings met die Britse outoriteit, teen inmenging in Transoranje waar die Britte in 1848 die Voortrekkerrepubliek geannekseer het, en was voor isolasie.

Die tweede groep was die agterblywers in Ohrigstad wat in 1848 na Lydenburg verhuis het en wat deur intrekkers uit Natal versterk is. Hul leier was J.J. Burger. Hulle wou die Volksraad In oorheersende invloed toeken en die mag van militere leiers inperk. Ook hulle was gekant teen inmenging in Transoranje en voor isolasie.

Die derde groep was die aanhangers van Andries W.J. Pretorius in Potchefstroom. Hy was onder die ontevredenes met die Britse gesag in Natal en het die kolonie in 1847 verlaat en hom op In plaas tussen Rustenburg en die later gestigte Pretoria gevestig. Die Potchefstromers was die digste by die Britse heerskappy in Transoranje. In Kommando van hulle onder Pretorius het in 1848 gepoog om die Britte uit Transoranje te verdryf, het die geveg by Boomplaats verloor en Transoranje verlaat. Hulle het die bedreiging van Britse kant die intensiefste gevoel en was daarom die ywerigste voorstanders van In eenheidstaat in Transvaal.

Die eenheidstrewe het tot uiting gekom op die Volksraadsvergadering aan die Olifantsrivier op 20 Maart 1849.

Potgieter en sy aanhang was teen die eenheid gekant en het die vergadering voor die einde verlaat. Die orige lede het besluit om op die strewe terug te kom op die volgende vergadering. Dit is reeds op 22 en 23 Mei 1849 op Derdepoort gehou. Daar was Potgieter en sy aanhangers weer afwesig, maar die orige lede het besluit tot vorming van In "Vereenigde Band 2 ) van de geheele maatschappij aan deze zijde van de Vaalrivier". Die vergadering het ook die grondwet wat in 1844 in Potchefstroom opgestel is (die Drie en dertig Artikelen), as grondwet van die nuwe eenheidstaat aanvaar.

Die voorsitter Andries Pretorius het op die vergadering In rede uitgespreek om vir eenheid te pleit.

Die Zoutpansbergers onder potgieter het hulle geheel van die eenheidsbesluit gedistansieer. Daarom het die volgende Volksraadsvergadering op Krugerspost by Lydenburg van 19 tot 24 September 1849 besluit om sanksies teen die Zoutpansbergers af te kondig om hulle tot aansluiting by die eenheidstaat te dwing. Hulle het besluit om die handel met zoutpansberg te verbied en aIle kommunikasie daarmee te verbreek. Die maatreel sou zoutpansberg isoleer en die handel en verkeer daar tot stilstand bring. Potgieter het dan ook twee maande na die vergadering In versoenende boodskap aan Andries Pretorius gestuur en toenadering getoon. Dit het gelei tot openbare versoening in 1852 en aansluiting van zoutpansberg kort voor die oorlyde van die twee Voortrekkerleiers. Pretorius het op 23 Julie 1853 sewe maande na Potgieter gesterf.

Berigte oor die Volksraadsvergadering op Derdepoort Die uitvoerigste berig wat ek daaroor gevind het, is in Gustav S. Preller se biografie van Andries Pretorius. 3 ) Hy is die enigste skrywer wat die rede van Pretorius opneem.

Hieronder volg Preller se verslag in die swierige styl wat hom as joernalis eie was.

"Derdepoort, waar die nuwe Raad op 22 Mei d.a.v. byeengekom het, is die mees oostelike van die natuurlike passe deur Magaliesberg, ongeveer driekwartier teperd in noord-oostelike rigting van Pretoria verwyder. Die merkwaardige byeenkomsplek ook van latere dae van druk, was die plaas van Roelof Jansen van Vuuren, gelee aan In sterke spruit wat destyds deur die vlakte in Pienaarsrivier gestroom het, tussen Magaliesberg en die Daspoortrand reeks. Tot In jaar of tien gelede was daar nog In verweerde ou kameeldoring langs die pad te sien~ wat die juiste plek aan die spruit aangedui het.

Daar het In plaat waens en tente gestaan, aan die spruit, en groot klompe trekosse en perde het in die soetveldse laagte gewei, terwyl die stemmming onder die menigte vrolik was en opgewek verbeidend.

Ses lede van die ou Ohrigstadse Volksraad werd herkies, nml: Jacob de Clercq, Jacob Lotter, Piet Steenkamp, Stoffel Viljoen, Jan Grobler en Joachim Prinsloo. Hier werd tans gekies en ingesweer: genl. A.W.J. Pretorius, J.L. Pretorius, D.L. Hattingh, A.G. Spies, P.A.J. Pretorius, J.F. van Staden, J.J. Jacobs, J.S. Marais, B.J. de Lange, H.N. Fourie, J.C. Steyn, F.C. Bester en P. Diederiksen.

Genl. Potgieter het nie opgedaag nie, maar geskryf dat hy verhinder was, en Burger het nog op Smellekamp gewag.

Genl. Pretorius werd tot voorsitter gekies, en het die volgende openingsrede gehou:
'Myne heren! Hoe beducht en bevreesd ik my ook gevoelde gevolg te geven aan uwe keuze om deze vergadering te leiden, gevoel ik het als plicht uwe opdracht te aanvaarden. Ik ben zeer bevreesd, zeg ik, omdat de verantwoordelikheid zo groot is. Het heil van duizenden hangt af van onze beraadslaging, en ik gevoelde my onbekwaam deze verantwoordelikheid te dragen. Doch gy zult niet uit It oog verliezen dat ik maar In ongeleerde Boer ben. In vertrouwen echter op uwe medewerking en hulp, en op de zegen des Allerhoogsten zal ik al myne vermogens ~nspannen, en streven slechts naar dat ware geluk en die vryheid, waarnaar wy zo lang gezucht hebben.

0, myne waarde vrienden, - voor de grote zegeningen en de liefde die wy tothiertoe genoten hebben, vertrouw ik, dat aIle vooroordelen, haat en vervolging uit ons midden verbannen zullen worden, en zulks voor ewig blyven zullen; en dat wy ons van nu voortaan beschouwen zullen als leden van een en hetzelfde lichaam. En zo min wy het geringste lid onzer lichamen missen of verbeuren kunnen, evenzo moeten wy ook trachten beschadiging van het geringste lid van dit ons verenigd lichaam te voorkomen. Wy moeten elkander niet meer beledigen, belasteren of vervolgen, maar in liefdevoor elkander bidden. Dan kunnen de zegeningen, die onze Hemelse Vader ons zo menigmaal heeft aangeboden, door Zyne goddelike macht en genade nog groter aan ons vervuld worden.

Bedenk dit, myne vrienden, eer het telaat is: wat zal ons aIle trekken en vluchten, ja, zelfs het swaard baten, zo wy niet eensgezind, vol liefde en getrouwheid aan elkander blyven! Nimmer zullen wy zonder deze dingen 'tzy de aardse, 'tzy de hemelse Kanaan bereiken. Wy zullen meer dan veertig jaren omzwerven, totdat wy gans verwoest en uitgedelgd zyn.-'

Dadelik werd met algemene stemme besluit tot die vereniging, 'n een band van die gehele maatschappy aan deze zyde van de Vaalrivier' . Die Potchefstroomse 'Drie-en-dertig Artikels' van 1844 werd in sy geheel aangeneem as Grondwet, en landdroste gelas om aan kommandante en veldkornette afskrifte te verstrek.

Allerlei ondergeskikte sake werd afgehandel, dog ook 'n besluit aangeneem teen veldbrande. Om die vier maande sou die Volksraad vergader, die eerste keer op Krugerspost (Lydenburg), en vervolgens soos besluit word. In spoedeisende gevalle mag die Landdros 'n Kommissieraad oproep, bestaande uit minstens vyf lede van die Volksraad, waarvan die besluite aan die E.v. Volksraadsitting ter goedkeuring onderwerp sou word. 4 ) Potgieter sou nogeens, en tans vir die laaste maal, aangeskryf word, om hom te vervoeg by die a.s. raadsvergadering, wat bepaal werd op 3 sept. te Krugerspost, 'teneinde 'n end te maak aan die bestaande geskille, daar aIle andere uit die weg geruim is.' Pretorius onderteken die brief as 'President'. (Tot sover G.S. Preller.)

Van ander historici het vera I prof. A.N. Pelzer 'n positiewe oordeel oor die eenheidsbesluit wat op Derdepoort gene em is. 5 ) Hy skryf op p.202: die algemene verlange onder die Transvalers na staatkundige eenheid wat tot uiting gekom het op die Volksraadsvergadering aan die Olifantsrivier op 20 Maart 1849, het 'l Op sy beurt weer aanleiding gegee tot die welkome hereniging te Derdepoort op 22 en 23 Mei 1849 toe sonder omhaal van woorde die 'Vereenigde Band' in werking getree het." Die gevolg was "dat vir die eerste keer in die geskiedenis van Transvaal van 'n verenigde maatskappy gepraat kon word."

Pelzer neem feitlik hierdie uitspraak terug in sy volgende paragraaf, waarin hy skryf: "Die werking van die desentraliserende faktore in die wydverspreide klein gemeenskap was egter so sterk dat ook hierdie eerste eenheid weldra weer in 'n aantal onderdele opgelos geraak het. Almal het op hulle manier bygedra dat werklik eenheid voorlopig 'n vrome wens gebly het. In 'n groot mate is dit waar dat die grootste verdeeldheid onder die Boere na die eerste eenwording voorgekom het."

Prof C.F.J. Muller skryf kortliks op p.151: "After attempts had been made at Hekpoort in the Magaliesberg and on the Olifantsriver to unite the Transvaal Voortrekkers~it was decided at Derdepoort in May 1849 that they would all be controlled by the Volksraad. The implementation of the decision to establish 'a United Bond of the whole community of Voortrekkers this side of the Vaal' was frustrated, however, by the absence of Hendrik potgieter."6) Die vergadering op Derdepoort moet dus beskou word as 'n eerste, geheel mislukte poging om 'n eenheidstaat in Transvaal te stig.

Verwysings
1) Die naam zuid-Afrikaansche Republiek, steeds meer dikwels histories onjuis gespel as Suid-Afrikaanse Republiek, is aan die Voortrekkerstaat in die Overvaalse gegee deur die Volksraadsvergadering te Potchefstroom in November 1853, aldus F. Lion Cachet, "De worstelstryd der Transvalers", uitgegee deur Hoveker en Wormser, Amsterdam-Pretoria, sonder jaar, 3de druk, p.317.
2) Lion Cachet, "Die worstelstrijd der Transvalers", p.315, skryf "Vereenigde Bond", wat ek In aanneemliker spelling as Band vind.
3) Gustav S. Preller, "Andries Pretorius, Lewensbeskrywing van die Voortrekker Kommandant-Generaal", Johannesburg, 1937, p.401-403.
4) Lion Cachet, "De worstelstrijd der Transvalers", skryf op p.316   noot 1: "De eerste notulen (van die vergadering op Derdepoort) is  geteekend: IBij gebreke van een Secreatris door A.W.J. Pretorius, voorzitterl." Cachet se opmerking wys op In gebrekkige sekretariaat op die vergadering.
5) A.N. Pelzer, "Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek, Wordingsjare", Kaapstad ens. 1950, p.202-205.
6) C.F.J. Muller, "'j.'he period of the Great Trek", in: CFJ Muller,   ed., "500 Years, a history of South Africa", Academica, Pretoria,  1969, p.151.

Ek weet nie wie die outeur van die bogenoemde stuk is nie en het per toeval afgekom op die .pdf dokument wat omder aan elke bladsy lees "Digitised by the University of Pretoria, Library Services, 2011"

No comments:

Post a Comment