Sunday 14 July 2013

As jy nog nie verstaan waarom jy Naspers MOET boikot nie.....

Naspers is gebore uit die Afrikaner se bydraes en Naspers is gebou uit die bydraes van Afrikaners. Naspers se aandeel prys is op n rekord hoogte van R755 per aandeel.

Soos alle ander liberale groepe en besighede is Naspers ook besig om stelselmatig uit Suid-Afrika te onttrek. Naspers maak reeds meer as 50% van sy inkomste in die buiteland.

Noudat Naspers nie meer die Afrikaner nodig het nie, nou steek hy die Afrikaners in die rug, soos mens kan verwag van enige liberale organisasie.


'n Eks-werknemer van Naspers vertel hoe NASPERS te werk gegaan het destyds, om van hulle Afrikaanse joernaliste ontslae te raak.

As jy regtig nog op die draad sit, oor of jy hierdie veldtog moet ondersteun - lees dan hierdie storie en besluit of jy nog kan bekostig om hulle te laat wegkom met hulle onderdrukking van ons mense :

Eks-werknemer van Naspers:

"Ek was een van daardie "blan(k)e mans" waarna Dan Roodt verwys, wat deur Naspers afgedank is, sodat sy wins verhoog kan word. Maar, dit was nie net ek wat 'n slagoffer was nie. Ons koerant, wat 'n personeel van sowat 100 mense gehad het, is sodanig uitgedun, dat slegs 8 advertensiewerwers (die mense wat die geld inbring) en 2 joernaliste (gatkruipers) oorgebly het.

Ons susterskoerant op die naburige dorp is gesluit, asook die drukpers op die dorp. Naspers het letterlik honderde gesinne sonder inkomste gelaat.


Maar, meer nog. Naspers het geweier om aan sy ou getroue werknemers PENSIOEN te betaal!!! Werknemers wat in hul vyftigs was, is "betyds afgelê", voordat hulle 60 kon haal, en dus pensioengeregtig was.


Ek en die fabrieksbestuurder het onderskeidelik 2 en 1 maand kortgekom om vir pensioen te kwalifiseer. Ons moes met 'n pakket tevrede wees. Ek is deur Naspers verbied om 'n prokureur te raadpleeg.


Ek hoop die manne daar by die hoofkantoor in Kaapstad se dag sal kom dat hulle in eie munt terugbetaal sal word.


Ek het later by die MWU aangesluit, en my saak daar gestel. My verteenwoordiger het na my kantoor gekom, maar is deur 'n lid van Naspers uit die gebou gegooi, en hy het my hard aangespreek en gesê: "Het ek dan nie vir jou duidelik gesê dat ons GEEN prokureurs, en GEEN vakbondleiers hier wil hê nie!


Gelukkig behoort my vrou aan 'n goeie Mediese Fonds, anders weet ek nie wat sou geword het nie.


Ek het intussen 8 of 9 groot operasies ondergaan, wat ek nie sou kon laat doen het as my vrou nie medies gedek was nie. Daardie Fonds het my hospitaalrekeninge 100% betaal. Sommige van daardie operasies was miskien 'n "onnodige luuksheid", maar daar was ander wat absoluut noodsaaklik was.


Ek is vandag 'n gestremde, en loop baie moeilik. Ek moes vir my ander werk soek, en dit was nie so maklik nie. Die alternatiewe werk was ook nie ideal nie, en ek het baie min verdien.


Ek is nou 12 jaar weg van Naspers en het intussen net-net oorleef. Ek probeer om so spaarsaam as moontlik te leef, want daar is nie geld vir luukses nie.


Ek en my vrou gaan al jare lank nie meer met vakansie nie."


***
NS Die storie is met toestemming geplaas.

BRON: Weerhou

Die Eks-werknemer van Naspers het die volgende antwoord gegee op 'n vraag wat op Facebook aan hom gestel was: "ek glo nie enigiemand sal my op hierdie stadium wil help nie. Ek is 67, ek is gestrem, en ek kan nie meer motor bestuur nie, omdat my hande en voete nie meer instaat is om enige voertuig te beheer nie. Gelukkig kan ek nog op my rekenaar se toetsbord tik, maar vir hoe lank weet ek nie."

Sluit aan by die facebook groep :

Boikot Naspers! Genoeg is genoeg!

Volg Boikot Naspers op twitter :
@BoikotNaspers24

5 comments:

  1. Hierdie optredes van Naspers is eintlik tewagte gewees. Met so n klomp bloedige gatkruipers kan dit eenvoudig nie anders nie. Hierdie spul kruiperskuim glo hull doen almal n guns, veral die ANC. Hulle het standpunt ingeneem en sal daar bly solank die ANC regeer. Dit is hartseer. Menige ander instellings het hulle ook reeds so geposisioneer dat hulle volle voordeel kan trek uit hulle verkromde posisies. Veral kom die groot bank ABSA by my op. Wit arbeid/welvaart het hom gebring waar hy is. Baie boikot reeds die Naspers publikasies. Maar veel meer moet gedoen word om hul regtig effektief te knou. Dankie vir julle poging om hierdie satans te demp. Vertel vir almal, kyk net ook wat bied hulle oplaaginhoud jou as leser. Dis van om op te gooi. Ek WIL dit nie lees nie, ek wil dit nie hoor nie. Die ander , nie Afrikaanses, lees in elk geval nie eers hierdie publikasies nie. Hulle lees ander. So, kom ons wys hulle ons is ontevrede.

    ReplyDelete
  2. Ek verstaan ook nou.n Baie hartseer Suid Afrika. Ons moet hier uitkom...

    ReplyDelete
  3. Ek stem honderd persent saam, ek het elkgeval geen rekening met Absa nie en is bewus van Naspers se houding tenoor ons Afrikaners. Aangesien hulle ons nie meer nodig het nie volgen hulle nie, kan ons dus ook beskou dat ons hulle nie meer nodig het nie

    ReplyDelete
  4. Het nie die artiekel heeltemal deur gelees, maar daai simbool vertel als.Son, driehoek en oog.

    ReplyDelete
  5. As hulle jou ongrondwetlik behandel, gebruik die reg/grondwet teen hulle.
    Ek laat my nie vertel dat jy hulle nie wil aanvat nie... Of anders is die storie net opgemaak...

    ReplyDelete