Monday 30 July 2012

Ontstaan en Ontwikkeling van die Boerevolk

Die afgelope 360 jaar het in Suid Afrika ‘n baie eienaardige, maar merkwaardige, situasie ontwikkel wat die blanke betref.

Dit het begin met die verversingspos, wat hier gevestig is deur Jan van Riebeeck, wat sy lewensideaal, om terug te keer na die Ooste in diens van die sy werkgewer,bekend as die HereXVII, as ‘n tussentydse stap beskou, om weer die guns van sy werkgewers terug te wen. Dit is en was nooit van Riebeeck se gedagte of begeerte, dat hier ‘n volksplanting moet plaasvind nie.

Die werkgewer van Van Riebeeck was baie liberaal gesind en die voorgeskrewe optrede van die plaaslike kommandeurs was dus ook baie liberaal. Verskeie kommandeurs het van Riebeeck opgevolg, waarvan sekerlik die bekendste die baster Simon van der Stel was. Simon van der Stel het in werklikheid die stigter aan die Kaap geword.



ISLAM GODSDIENS EN GEMENGDE HUWELIKE

Van der Stel wat in 1679 sy amp aanvaar het, was in 1639 ter see gebore naby die kus van Mauritius, waar sy vader kommandeur was. Sy moeder Maria Lievens, deels van Maleise afkoms, die dogter van Monica da Costa van Oosterse afkoms. Hy was dus van gemengde bloed en blas van kleur.

Sedert 1681 is die lewe aan die Kaap gekompliseer, met die aankom van Islam Godsdienstige leiers, onder van der Stel se bestuur. In 1694 het Sheikh Yusuf, wat deur baie as die stigter van die Islam geloof is SA beskou word, aan boord van “De Voetboog” in die Kaap aangekom saam met 49 ander Islam gelowiges. Hy is op koninklike wyse ontvang, deur Simon van der Stel, aan die Kaap en gevestig op die plaas Zandvleit, naby die mond van die Eersterivier. Dit is hier waar die eerste werklike Moslem gemeenskap in SA gevestig is. Dit is nie bekend hoeveel na die Kaap gestuur is nie, maar die gebruik het voortgeduur tot 1749.

As gevolg van die liberalistiese benadering het in ongeveer dieselfde tyd van 1685, die verbastering en gemengde huwelike sulke afmenings aangeneem, dat kommissaris Adriaan van Reede gemengde huwelike uitdruklik verbied het, tydens sy inspeksie aan die Kaap. Nieteenstaande dit, was dit die ontstaan van die bastervolk bekend as die Kaapse kleurlinge.


DIE HUGENOTE.

Dit is in hierdie tyd [1685] wat die Here XVII besluit het dat die Kaap aktief gekoloniseer moes word. Onder die groepe wat hulle aangemoedig het , was Nederlanders, Duitsers en die Franse Hugenote, wat uit Frankryk gevlug het toe die Edik van Nantes herroep is en hulle geweier het om van hulle Protestantse Godsdiens afstand te doen.

Die nuwe aankomelinge en Franse Hugenote se aankoms, is nie juis deur van der Stel ondersteun nie, en het van der Stel niks gedoen om die Franse Hugenote enklave aan te moedig nie. Dit het tot ‘n groot mate wrywing tussen die Hugenote en van der Stel veroorsaak.
Van die redes hiervoor, kon gewees het, van der Stel se gemengde afkoms en sy gesindheid ten opsigte van die Oosterse Moslem denke,naamlik die Islam geloof.

Hierdie was die heel eerste tekens van die ontwikkeling van twee uiteenlopende groepe in Suid Afrika, naamlik die hoofsaaklike Hollandse amptenary, van die baie liberale Hollandse Oost-Indiese Kompanjie, onder leiding van der Stel en van der Stel se gesindheid, ten opsigte van die Oosterse Moslem geloof, aan die een kant en dan die hoofsaaklike landbouers van die Hugenote afkoms en ander Protestantse gelowiges aan die ander kant.


TREKBOERE

As gevolg van omstandighede het al meer en meer boere oorgeskakel na vee boerdery, wat minder arbeidsintensief was en betreklik winsgewend in die ruil handel was. Vee boerdery het ook uitgebreide weiding benodig en die Kompanjie het ‘n stelsel van leningsplase ingestel, wat neergekom het op lisensie vir weidingsregte.
So het ‘n half nomadiese trekboer ontstaan, wat gedurig na beter weiding en jagveld gesoek het of tussen somer- en winterweiding getrek het. Hulle kinders het nog eenvoudig verder getrek, wanneer hulle onafhanklik word, omdat dit maklik was om nuwe leningsplase teen lae “rekognisiegelde” te laat registreer.
Hierdie trekboere het ‘n sterk gees van selfstandigheid, binne die perke van sy Calvinistiese lewensbeskouing, gesteun deur sy Bybel, ontwikkel namate hy al hoe verder uit die beskawing en weg van formele opvoeding en godsdiens beweeg het. Die boere het ook al hoe onafhankliker geword van ‘n burgerlike gesag, wat nie doeltreffend na sy gebiede uitgebrei kon word nie.
Teen 1785, ‘n eeu later, het die Trekboere hom al geslagte lank met Afrika se ongerepte wilde, woeste lewenswyse vereenselwig en deur sy isolasie tot ‘n kenmerkende, afsonderlike, baanbreker tipe groep ontwikkel. Van hierdie Trekboere, sou die kern van die individualistiese latere Boerevolk vorm.


BRITSE BESETTING

Die Grensboere was hoofsaaklik ontevrede met die Kompanjie se onvermoë om hulle te beskerm teen die aanvalle van die swart subras Xhosa, terwyl die Kompanjie ‘n versoenende beleid teenoor die subras openbaar het. Dit as gevolg van, onder andere, die Kaapse amptenare se liberale lewens ideologie.

In Europa het revolusionêre oorloë uitgebreek en in Januarie 1795 moes prins Willem van Nederaland na Engeland uitwyk. In Nederland het Franse magte 'n Bataafse Republiek opgerig, wat gegrond was op die ideale van die Franse revolusie.

Op 6 Februarie 1795 het gewapende boere die ongewilde landros H.C.D. Maynier beveel om sy kantoor op Graaff-Reinet te ontruim;
• hulleself die “Algemene Volkstem” genoem;
• hulle eie verteenwoordigers gekies;
• poging deur amptenare, om die boere te oorreed om die Kompanjie se gesag te aanvaar, verwerp.
Op 17 Junie van dieselfde jaar het die burgers van Swellendam ook in opstand gekom teen die landros A.A Faure en hom gedwing sy pos te ontruim. Hulle het ‘n revolusionêre Nasionale Konvensie ingestel en verklaar dat hulle voortaan hulleself sou regeer.

Latere gebeure sou dit alles ongedaan maak , maar dit was ‘n opflikkering van republikanisme wat NOOIT by die Boerevolk geblus sou word nie.

In September 1795 het die Britte die Kaap beset, wat regeer is deur die Britse “ Colonial Office” onder Craig en Elohinstone en generaal Clarke, wat met ‘n mag van 3000 man gestuur is om hulle te help om die Kaap te verower.

Die koloniste aan die Kaap moes ‘n eed van getrouheid aan Brittanje aflê, wat deur die mees burgers aanvaar is, behalwe van die Trekboere van Graaff-Reinet, wat die Britse gesag eers na ‘n magsvertoon deur Craig, ‘n jaar later ingestel is.


GROOT TREK

In die middel van die jare dertig van die 19de eeu het ‘n uitsonderlike en unieke gebeurtenis hom in SA ontvou. Die sou nie alleen die fisieke voorkoms, van in die daaropvolgende 20ste eeu van SA bepaal nie, maar sou die bron word van maatskaplike, politieke en kulturele onderstrominge, wat tot vandag deel vorm van SA.

Hierdie uitsonderlike en unieke gebeurtenis staan bekend as die Groot Trek. Dit is ‘n tydvlak wat gekenmerk is deur dade van volharding, heldhaftigheid, oorloë en swaarkry, wat die Boerevolk internasionaal bekend gemaak het, as Christelike gelowige vrye volk, met hulle eie land in die vorm van die Boere Republieke, met hulle eie onafhanklike regering en leiers, met ‘n eie identiteit, taal en kultuur.

Die Groot Trek, het die voormalige burgers van die Engelse kolonie, laat afskei van die Engelse regering, met hulle liberale beleid, wat deur die kerk van daardie tyd vuriglik ondersteun is. Alhoewel liberalisme nie die hoofoorsaak van die Groot trek was nie, was dit een van die belangrike redes wat daartoe aanleiding gegee het dat die Boere hulleself afgeskei het van die kolonie en die kerk.

Voor Retief se vertrek uit die Kaap het hy ‘n manifes oor die stigting van ‘n onafhanklike Voortrekker staat gepubliseer waar staan:

ons verlaat hierdie kolonie in die volle oortuiging dat die Engelse regering niks meer on in te vorder het nie, en ons sal toelaat om onsself in die toekoms te regeer sonder sy inmenging. ”

Hierdie manifes is op 2 Februarie 1837 in The Graham’s Town Journal afgedruk , asook ‘n lys van 366 nuwe Voortrekkers - een van die Groot Trek se mylpale.

Die Groot Trek het direk aanleiding gegee tot die uiteindelike vestiging van die onafhanklike Boere Republieke, wat in die jare rondom 1850 internasionale erkenning begin geniet het. Die vestiging van ‘n volk, die Boerevolk, met sy eie land, met sy eie regering, met sy eie identiteit.


BOERE REPUBLIEK

OP 17 Januarie 1852 is met die Sandrivier konvensie die eerste Britse erkenning verleen aan ‘n Boere Republiek, die Boere gemeenskap noord van die Vaalrivier. Daar volg op 23 Februarie 1854 die Bloemfontein konvensie, waarin die Britse regering erkenning gegee het aan die Vrystaat Boere Republiek.

Daar was nou twee Boere Republieke, wat die logies uitvloeisel was van die Groot Trek. Hierdie republiek was nie die enigste betekenisvolle gevolge van die Groot tek nie. Hoewel die republieke hul aandeel van regering sou ervaar ween hulle demokratiese vryhede, het Brittanje sy beste kans verbeur om ferm beheer oor suidelike Afrika te behou. Hoewel die Boere en Britte in suidelike Afrika tot in die 20ste eeu afwisselend die botoon sou voer, het die Boer destyds die oorhand verkry.

Die Boere se nasionale bewussyn en identiteit het ‘n teelaarde gevind in hierdie eerste helde tydvlak wat hom vir altyd sal onderskei van die Kaapse inwoners van Britte en Afrikaners. “Boer”, wat aanvanklike niks meet as landbouer beteken het nie, is in die Kaap deur die Engelse en Afrikaners op ‘n neerhalende wyse gebruik om na die Voortrekkers te verwys. Soos hulle voorvaders, wan in die oorlog teen Spanje ‘watergeuse” [bedelaar van die see] genoem is, het hulle die begip ‘Boer’ tot ‘n erebenaming verhef. Hulle was trots om Boere genoem te word. [verwys Die Verhaal van Suid Afrika 1982 Wilhelm Grütter]


BOEREOORLOG [1899-1902]

Vanaf 1896 het die personeel van die Britse Oorlog ministerie strategie teen die Boere Republieke oorweeg. Hoewel hulle nie die vegvermoë van die Boere onderskat het nie, het hulle nie kom droom dat die oorlog die Britse tesourie £191 miljoen sou kos nie. Brittanje self was verdeel oor die oorlog, maar is deur Rhodes, Chamberlain, Milner en lord Salisbury op die Boere afgedwing.
In 1899, word Generaal Butler die waarnemende Goewerneur van die Kaap Kolonie. Tydens hierdie besoek van Lord Alfred Milner (goewerneur) aan Engeland, laat Butler self ondersoek instel na die sogenaamde "atrocities" van die Boere teen die "uitlanders", die gevolg is dat hy boodskappe na Engeland stuur om vir Milner en Rhodes te stop met hul leuens, hulle wil net die minerale rykdomme bekom sê hy, alles is leuens.

Maar, wat belangriker is, is dat hy die volgende skryf;
" The problem here at the southern tip of Africa is that there are three distinct groups of people who cannot live together, as they are different people (nationalities), they are;
* the British,
* the Cape-Dutch and
* the Boers

Aanvanklik was die Britse getalsterkte ongeveer 27 000 man, maat teen die einde van 1899 het Genr Redvers Henry Buller, met ‘n leerkorps van nog 50 000 man in Kaapstad aan wal gestap. So is daar gehoop, sou die oorlog spoedig beëindig word.

As gevolg van die onvermoë van die Britse magte om die oorlog te wen, is die verskreide aarde beleid ingestel – ‘n erkenning dat Brittanje die oorlog nie op militêre wyse kom wen en beëindig nie.

As gevolg van hierdie lafhartige beleid van die Britse opperbevel is die Boere gedwing tot oorgawe en het die Boere Republieke hulle vryheid tot vandag verloor.

Die oorlogsyfer was as volg:

..................................................Boere......Britte
Gesneuwel................................ 3,990.......7,091
Gewond.....................................onbe kend..19,143
Sterf weens ander oorsake......1,081......onbekend
Sterf weens siektes..................onbekend ..7,1243
Sterf as Krysgevangenes..........1118
Totale........................................6,189.......97,477

Sterf in konsentrasie Kampe
Mans ............................1,676
Vrouens........................4,177
Kinders onder 16..........22,074
Totaal............................27,927

(Die bogenoemde totaal word volgens sekere bronne op 34,000 geraam eerder as 27,000)

‘n Totale potensiële geslag Boere volksgenote is uitgewis. Voer daarby die hoeveelheid wat na die oorlog die land verlaat het en dan kan begryp word waarom die Kaapse Afrikaner Liberalis die Boerevolk vir soveel jare oorheers en oordonder het.


LIBERALE OORHEERSING

Die Kaapse liberaliste, gesteun deur die Britse regering, hett die Boerevolk in totaliteit probeer vernietig en hulle identiteit te vernietig. As gevolg van die getalle oorwig, die politieke en ekonomiese beheer, het hulle geglo dat hulle daarin sou slaag. Iets wat vandag nog nie bereik kon word nie.

In 1938 het dr.D.F Malan betoog:

“Ons volk moet kies. As die liberalisme reg is, volg hom dan na. Gooi dan die deure van u land ope vir wie wil binnekom, blank of gekleurd en maak dan van u land ’n markplein van die wêreld in plaas van ’n tehuis vir u kinders. Doen dan weg met alle rasse- en kleurskeidslyn. Roep Suid-Afrika dan op om hom af te keer van sy dwaalweg en om in naam van reg en geregtigheid terug te gaan op sy eie, besoedelde voetspore.

Maar as die liberalisme verkeerd is, verwerp hom dan met beslistheid en verwerp hom nou. Beskerm dan met ’n vaste hand u blanke ras en u blanke beskawing met al die nodige maatreëls wat u blanke voogdyskap van u eis en u doelbewuste bestemming u toe verplig.” 

In 1994 het die Afrikaner liberaliste die land en alles wat opgebou en tot stand gebring is aan die subras van Afrika gegee op ‘n bedrieglike wyse. Die Boerevolk se grondgebied van die voormalig Boerevolk Republiek is ook ingesluit in die totale oorgawe.

Vandag weet en besef ons dar liberalisme nie reg is nie. Deur die deure van die land wat oopgegooi is vir wie wil binnekom , is die land in ‘n doolhof van verval en selfvernietiging.

Daarom moet ons beroep op ons volksgenote doen om liberalisme en die nuwe SA met beslistheid te verwerp. Ons moet ons Boerevolk identiteit doelgerig beskerm teen die liberalisme en die liberalis se dwaalweg in die naam van reg en geregtigheid. Dit is ‘n besoedelde beskouing wat lei tot selfvernietiging.

Bronne:
1. The East Coast: Macassar | link
2. A history of Muslims in South Africa | link
3. Ebrahim Mahomed Mahida. History of Muslims in South Africa: A Chronology. South African History Online (online book) | link
4. Wilhelm Grütter in oorleg met prof DJ van Zyl : Die Verhaal van Suid Afrika
5. Bloed Sweet en trane – EJG Norval

Die bogenoemde was oorspronklik geplaas op die forum van BoerVryheid
http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?29727-Ontstaan-en-ontwikkeling-van-die-boerevolk

Lees ook:
The Afrikaner Domination of the Boers & how it was constructed.
http://republicantrekkervolk.blogspot.com/2008/06/afrikaner-domination-of-boers.html

No comments:

Post a Comment