Monday 23 July 2012

VEILIGHEID vir HUISVROU & FAMILIE

Veiligheid vir die huisvrou en haar familie

Suid-Afrika se misdaad statistieke is skokkend.
Dit is hoekom dit belangrik is dat ons familie veiligheid n prioriteit moet maak.

Bespreek veiligheid met jou familie gereëld:
Laat almal insluitende ouer kinders saam gesels oor hulle vrese en wat hulle dink die huis nodig het om hulle veiliger te maak en laat voel.

Algemene veiligheids maatreëls moet neergele word bv:
1. Voordeure word onder geen omstandighede oopgemaak vir vreemdelinge nie.
Praat deur die deur en stel eers vas of jy besigheid het met die vreemdeling, bv n posman wat `n posstuk aflewer; iemand wat vir kos of geld of werk vra - maak jy nie die deur voor oop nie.


2. Voordeure word nie deur kleiner kinders oopgemaak nie, misdadigers kan jong kinders maklik mislei of inligting by hulle bekom & Sleutels word nooit in deure gelos nie, hang die sleutels buite bereik van deure en vensters.

3. Jong kinders moet nie die telefoon antwoord nie, want hulle is te jonk en kan mislei word om inligting uit te gee.

4. Tieners wat middae alleen na skool by die huis is: moet in die gewoonte kom om deure toe te hou, veral as daar gefliek word of harde musiek gespeel word, want die kind sal nie eens bewus wees daarvan as misdadigers ingekom het nie.

5. Tieners wat in die publiek moet rondbeweeg of stap moet altyd paraat wees.
Hier volg n paar vrae wat tieners as standaard moet toepas:
- wie loop agter my?
- daar kom n groep mans wat my ongemaklik laat voel
- daardie persoon lyk verdag
- dis te donker om nou na my vriend toe te stap
- het my selfoon krag om huistoe te bel ingeval van nood
- moenie my ipod/mp3/selfoon/geld in die publiek wys nie
- gebruik selfoon op veilige plekke
- moenie my ipod/mp3 speler so hard speel dat ek niks kan hoor nie
- hoekom kyk daai ouens my uit?
- ek beter aan die anderkant van die pad stap
- die straat lyk te donker
- wie's daai vreemdeling in ons straat?

6. Tiener dogters, moet veral paraat wees en bewus gemaak word daarvan dat misdadigers veral vrouens as sagte teikens sien:
- dogters moet veral paraat wees soos hierbo in punt 5 beskryf
- jonger dogters word nie deur ooms, oupa's of mansvriende gebabysit nie
- dogters is teikens veral vir seks misdadigers
- dogters stap nooit na donker iewers heen nie
- dogters moet bewus wees daarvan dat hoë hakke en/of kort rompe of kort toppies en baie lae broeke uitloklik kan wees vir seks misdadigers en dronk mans
- dogters dra nie hoë hakke as hulle ver moet stap nie, dan het hulle geen kans om weg te hardloop in n nood situasie
- dogters/alle tieners moet verkieslik per motor deur ouers afgelaai en gaan haal word, moenie te lui wees om jou tieners te vervoer vir sosiale geleenthede nie, hulle het die reg om sosiaal te verkeer
- ouer tiener dogters moet peper sproei in hulle handsakkies dra of verkieslik in hulle hand vashou as hulle alleen iewers moet stap

7. Die husivrou wat bedags alleen is terwyl kinders skool toe is:
- hou deure, patiodeure, skuifdeure toe, terwyl jy huiswerk doen
- as jy in die voorste deel van jou huis werk, maak seker die agterste of kant deure is toe gesluit
- as jy op die stoep of in die tuin sit of werk, maak seker die res van die huis se deure en venster is toe
- as jy in die area by jou agterdeur werk of ontspan, maak seker die voordeur en/of kantdeure is gesluit
- moenie die voordeur oopmaak vir vreemdeling nie, praat deur die deur
- as jy ontspan voor die tv, sluit eers die hele huis.
- moenie al die vensters en patiodeure oopmaak en dan ontspan nie, maak net oop in die vertrek waar jy is indien nodig.
- moenie op warm somersdae jou hele huis oopmaak en langs die swembad area gaan ontspan nie, hou eerder die dele van die huis waar jy nie gaan ontspan nie se vensters/deure toe, en maak net die deure en vensters by die swembad area oop.
- wees paraat wanneer jy in-en-uit jou motor klim voor of na inkopies
- wees oor die algemeen paraat en ken die klanke van die buurt en jou huis
- hou peper sproei in jou kombuis of slaapkamer of by jou in die area waar jy werk of ontspan
- as jy na donker moet ry, hou die peper sproei binne bereik langs jou in die motor
- maak blindings en gordyne na donker toe sodat misdadigers nie in die huis kan sien nie
- as jy die huis moet verlaat bedags, hou n radio of tv se klank aan
- as jy saans weg is van die huis af, skakel buite ligte aan en een of twee ligte in die huis en hou jou tv ook aan.

No comments:

Post a Comment