Saturday, 14 July 2012

The Fabric of Terror - Three days in Angola

by Bernardo Teixeira

Suid-Afrikaners moet hierdie hele artikel lees, sodat hulle sal wakkerskik en die werklikheid van ons lewensgevaarlike situasie besef.

AGTERGROND

Op 15 Maart 1961 is verskeie klein dorpies in die Noorde van Angola oor ‘n front van ongeveer 800 km gelyktydig deur bendes aangeval en veral die Portugese inwoners is op grusame en sadistiese maniere uitgewis. Die aanvalle is op die daaropvolgende twee dae voortgesit. Plekke wat deurgeloop het was daardie jare bekend as Luvo, São Salvador, Madimba, Mavoio, Maquela do Zombo, M’Bridge, Songo, Carmona, Negege, Quitexe, Nova Caipemba en die Fazenda (plantasie) by die Lué rivier. Teixeira, wie se neef tydens hierdie aanvalle vermoor is, het die gebiede ‘n jaar na die aanvalle besoek en onderhoude gevoer met oorlewendes, ooggetuies, en soldate ten einde die gebeure te herkonstrueer. Foto's wat deur soldate afgeneem is, was in die boekklub uitgawe ingesluit, maar is vanweë die grusame aard daarvan weggelaat in die ander uitgawes. Honderde foto's is egter ingedien by ‘n spesiale kommissie van die Verenigde Nasies (VN) en was ook beskikbaar vir besigtiging by die destydse Suid-Afrikaanse uitgewers (Human en Rousseau, Kaapstad, 1965) van die boek.

In die epiloog van die boek skets James Burnham (Professor in filosofie aan die Universiteit van New York) die konteks vir die aanvalle. Hy wys onder andere uit dat “vryheidsvegters” feitelik nooit die lande wat hulle “bevry” self bewoon het nie, en indien wel, slegs ‘n klein deel van hulle lewens en dat terreur teen die teikenland altyd vanuit ander lande beplan word.

Angola het in 1961 ‘n bevolking van 5,000,000 mense gehad waarvan 4,750,000 Afrikane en 250,000 Europeërs. Die Afrikane kon verder ingedeel word in die Bailundu of Ovimbundu (1,500,000), Kimbundu (1,000,000), Bakongo (500,000), Lunda (400,000), en Ganguela (400,000). Die 250,000 Europeërs het hoofsaaklik uit Portugese, maar ook taamlik baie Nederlanders en Duitsers bestaan. Die Portugese het Angola sedert 1483 begin bewoon, ‘n jaar nadat Diago Cam (of Cão) dit ontdek het. ‘n Katolieke katedraal is in 1534 gebou in São Salvador. In 1576 is Luanda gestig. Gedurende die 15de eeu het Hottentotte en Boesmans groot dele van Angola beset, maar hulle is mettertyd uitgedryf of opgeëet deur die voorvaders van bovermelde Afrika stamme. Burnhamkom derhalwe tot die gevolgtrekking dat die Portugese eintlik die ware inboorlinge van die streek is, omdat hulle dit bewoon het voordat die Boesmans/ Hottentotte of kannibalistiese stamme dit begin beset het.

Die Angolese bevolking was volkome geïntegreerd tydens die sestigerjare van die twintigste eeu. Huwelike oor die rasgrense was algemeen, die amptelike taal was en is steeds Portugees, en driekwart van administratiewe en burokratiese poste (bestuursposisies ingesluit) was bekleë deur Afrikane. Die veiligheidsdiens het uit 8,000 persone bestaan, (2,000 soldate en 6,000 polisie). Hiervan was 5,000 Afrikane en 3,000 Europeërs.

In 1954 is die União das Populações do Norte de Angola (UPNA) gestig wat in 1958 herdoop is na União das Populações de Angola (UPA) ten einde ‘n meer nasionale kleur te verkry. Dit was die UPA wat die aanvalle van 15 Maart 1961 geloods het. Die leier van die UPA was Holden Roberto, ‘n Bakongolees wat in São Salvador, Angolagebore is. Hy was getroud met ‘n Brit, Susan Milton en het in 1954 die UPNA gestig nadat hy tevergeefs probeer het om met die steun van Protestantse sendelinge homself tot koning uit te roep.

Hy het vervolgens uitgewyk na Akkra, Ghana waar hy kennis gemaak het met Nkrumah asook ander Afrika Rewolusionêre leiers tydens die eerste Afrika Kongres in 1958. In Augustus 1959 het hy die VSA besoek waar hy hand-om-die-blaas gesit het met verskeie VN afgevaardigdes, die “State Department”, CIA, AFL-CIO, en Eleanor Roosevelt. Al hierdie instellings het morele sowel as finansiële steun aan Roberto verleen. Ondertussen het hy ook dik bevriend geraak met Patrice Lumumba (rewolusionê leier in die Kongo). Nadat die Kongo onafhanklik geword het in Julie 1960, het Roberto sy voorbereidings in Leopoldville (hedendaagse Kinshasa) vir Maart 1961 begin onder die welwillende oë van Lumumba, die VN, VSA, Sowjet en Tsjeggiese ambassades.

Rekrute is gewerf deur leiers na Bankongolese dorpies in die Noorde van Angola te stuur en ‘n aantal mense te vermoor en te vermink pour encourager les autres (om ander aan te moedig deur oormatige straf as voorbeeld te toon – n.a.v Voltaire gedurende die Franse Rewolusie). Tydens die werwingsproses is daar mildelik gebruik gemaak van toordokters se invloed, fetisjisme en kannibalisme van oorblyfsels. Die vryheidsvegters is bewapen met machetes (kapmesse) asook met gewere van die oud Belgiese Force Publique lede en die nuwe VN weermag. Op die vooraand van die aanvalle het die meeste hennep (hemp) en ander dwelms gebruik om moed te skep vir die aanvalle.

In hoofstuk 2 beskryf Teixeira die redes wat gevange UPA lede aangevoer het vir hulle toetrede tot die stryd: 26 van hulle is oorreed deur die belofte van kabinetsposte of ambassadeurskappe by die VN. ‘n Vyftienjarige jarige seun is oorreed om sy Blanke aanneempa, ‘n mediese dokter, te vermoor sodat hy sy instrumente asook sy graad kan kry om as dokter te praktiseer.

‘n Bende leier (hoofstuk 6) wat gevang is na die slagting van mense op ‘n eksperimentele plaas naby M’Bridge het te kenne gegee dat hy nooit persoonlik met die Portugese in aanraking gekom het nie. Sy ouers het na die Kongo geëmigreer vanaf São Salvador (waar hy gebore is) toe hy twee jaar oud was. Hy is deur Holden Roberto wysgemaak dat hy ‘n belangrike pos by die VN sou bekleë indien hy die taak wat hom opgelê was goed sou uitvoer. Verder is hy daarvan oortuig dat die res van wêreld hom sou ondersteun in sy “vryheidstryd” teen die (Portugese) “tirannie.” Hy het sy Portugese vangers die beginsels van menseregte verduidelik soos wat dit deur die VN voorgehou word en gevra dat sy geval voor die VN moet verskyn aangesien hy ‘n politieke gevangene is wat die vryheidsaak gedien het.

OORSIG VAN AANVALLE

Die vernaamste aanvalle wat Teixeira beskryf, word vervolgens opgesom volgens plek van aanval, vooraftekens/ waarskuwings (indien enige), ooggetuies/ oorlewendes en hoe die aanvalle afgeloop het.

LUVO:

Luvo was naby die grens met die Kongo geleë. ‘n Portugese vragmotorbestuurder en sy Kimbundo handlanger moes houtkratte by die saagmeule op Luvo oplaai. Met dagbreek van 15 Maart 1961 het hulle by die saagmeule opgedaag en is deur die nagwag meegedeel dat daar “snaakse dinge” aan die gang is op Luvo: Helfte (almal Bakongos) van die werkers by die meule het die voorafgaande twee dae nie vir werk opgedaag nie, ander Bakongos op die dorpie het die Portugese vuil uitgekyk, en daar was ook vreemdelinge wat deftig aangetrek was en nie vantevore opgemerk is nie.

Op daardie oomblik het ‘n lawaai van die dorpie se kant losgebars, en is angskrete, geweerskote en uitroepe gehoor. Terwyl die nagwag gaan ondersoek instel, het die vragmotorbestuurder en sy helper die vragmotor agter ‘n stapel kratte op die saagmeule perseel gaan versteek, en self boop die stapel kratte geklim vanwaar hulle ‘n uitsig oor beide die saagmeule en ‘n gedeelte van die dorpie gehad het. Tussen twee en driehonderd oproeriges het 42 bloeiende liggame (die hele wit bevolking van Luvo waaronder vrouens en kinders in hulle tienerjare) in die rigting van die saagmeule gesleep.

‘n Bedrewe persoon (duidelik ‘n werknemer van die meule) uit die skare se geledere het die saag aangeskakel. Die res van die groep het die dooies en beseerdes ontklee, aan ‘n plank vasgegespe en onder groot gejuig en doodskrete van die lewende slagoffers in die lengte (soos boomstompe) met die voete in die rigting van die roterende lem in stukkies opgesaag. Die twee ooggetuies het vir ure gewag voordat hulle ondersoek gaan instel het, bevind het dat die dorpie verlate was, en toe met die vragmotor hoofsaaklik met ompaaie gereis, en later per voet totdat hulle Carmona op die aand van 17 Maart 1961 bereik het om hulle storie te vertel.

DIE KOFFIEPLANTASIE AAN DIE OEWER VAN DIE LUÉ RIVIER

Die outeur se neef het bg. koffieplantasie besit. Volgens die oorlewende ooggetuie (‘n Blanke assistant voorman) was die oggend van 15 Maart 1961 baie mistig. Hy en die voorman het 7H00 voor die eienaar se huis by ‘n buite tafel onder ‘n boom gesit en wag vir lg. sodat hulle die werkplanne vir die dag kan bespreek. Om 7H30 het die Bakongo baaswerker en anderwerkers waarvan baie vreemd, opgedaag. Volgens die baaswerker was die Bailundo werkers siek en moes vrywilligers gehuur word om vir die dag in te staan.

Byna onmiddellik het die Bakongo werkers tot die aanval oorgegaan met hoofsaaklik die kapmesse waarmee hulle ontbossing uitvoer. Die Afrika hoofbediende is eerste aangeval, sommige het die huis, stoor en koffieboon oes aan die brand gesteek terwyl andere die eienaar, voorman en twee vroulike Afrika bediendes opgekap het. Die eienaar se vrou (wie die volgende dag sou verjaar) en haar seun wat op besoek vanaf die kosskool was, is in die huis oorval. Die assistant voorman het drie van sy aanvallers se skedels met ‘n stuk loodpyp inmekaar geslaan voordat hy in die mis ingehardloop, in ‘n gat binne die bos gespring en himself met blare bedek het.

QUITEXE

‘n Slagter, sy vrou en dogter was die enigste oorlewendes tydens die aanval op Quitexe. Die dorpie se besighede is dig bymekaar geleë en open 8H00 in die oggende as die kerkklok lui. Vanuit die vensters van sy woonhuis in die verdieping bo die slaghuis, kon die slagter die twee kruidenierswinkels, klerewinkel, apteek, hardeware-en-plaasbenodighede winkel, vulstasie, handelspos en poskantoor sien. Die slagter se daaglikse roetine was om 6H00 op te staan, diere te versorg, en vleis en vis te verwerk voordat hy aansit vir ‘n ontbyt om 7H30. Die oggend van 15 Maart 1961 was hy te onrustig om te eet. Sy dogter het opgemerk dat dit buitengewoon stil is buitekant. Die Afrika klante, wat wag vir die winkeldeure om oop te maak, is nie so luidrugtig soos gewoonlik nie, lag glad nie, bondel in groepe voor elke winkel en praat in gedempte stemme. Hulle dra ook almal lang jasse in die hitte. Die slagter se dogter vra of hulle dalk iets versteek onder die jasse.

Die slagter steek sy kop by die venster uit en groet die groep van agt wat voor die slaghuis staan. Slegs drie bekendes groet terug terwyl die ander vyf bly staan met hulle koppe omlaag. Die meisie bied aan om die ander winkeliers te gaan waarsku maar haar pa sê haar aan om die gewere en ammunisie nader te bring.

Om 8H00 begin die kerkklok te lui, die winkels maak hulle deure oop en die klandisie beweeg binne. Binne ‘n paar minute weerklink angskrete (meestal van vrouens en kinders oor die hele dorpie). Die groep voor die slaghuis bring hulle pangas en tuisgemaakte haelgewere te voorskyn en begin aan die slaghuis se deur te kap terwyl hulle “Mata! UPA! Mata! UPA!” (Maak dood! UPA! Maak dood! UPA!) skree. Die slagter en sy dogter (wat beide knap jagters is) maai hulle binne 30 sekondes af terwyl sy vrou gewere laai en aangee.

Die krete verflou tot ‘n sagte gekerm soos wat die slagoffers sterf. ‘n Paar bebloede slagoffers hardloop die strate in, maar word ingehardloop en arms, bene, en koppe word afgekap. Die slagter en sy dogter skiet op die aanvallers, ‘n voortvlugtige vriend van die slagter beland in sy spervuur en word per ongeluk doodgeskiet terwyl sy dogter lg se aanvallers platskiet. ‘n Dogtertjie van die klerewinkel probeer ook vlug toe die besoekende geneesheer, Dr Sousa, vanaf Carmona in sy Land Rover opdaag en skerp moet rem om haar nie te tref nie. Op daardie oomblik word haar kop oopgekap en Sousa skiet haar aanvaller dood met sy outomatiese pistool. Hy word deur die slagter aangesê om Carmona te gaan waarsku. Die aanvallers het verdwyn en ‘n afdeling soldate het in die middag van Carmona op die toneel opgedaag.

CARMONA

Carmona was die hoofstad van die Uige Distrik en ‘n moderne dorpie met neon straatligte en 5000 inwoners. Dr Sousa het omtrent 10H00 vanaf Quitexe opgedaag om die inwoners te waarsku. Kerkklokke is laat lui ten einde al die inwoners voor die gimnasium te laat vergader.

‘n Burgerlike brigade is onmiddellik saamgestel. Daar is besluit dat alle skerpskutters met hulle gewere voor vensters in die boonste verdiepings van huise op die buitewyke van die dorpie stelling sou inneem. Vrouens en kinders het in die gimnasium gaan skuil. Mans en seuns het met enige wapen tot hulle beskikking die buitewyke begin patrolleer in oop vragmotors, sportkarre, Land Rovers en jeeps. Die verdedigers moes op die aanvallers fokus en soveel as van hulle so gou as moontlik doodmaak. Niks (selfs nie brandstigting) moes die aandag van hierdie doelwit aflei nie. ‘n Afdeling van 18 soldate onder leiding van ‘n sersant het die kragstasie beskerm. Die omroepster van die plaaslike radiostasie is aangesê om kort-kort berigte uit te saai dat Portugese valskermsoldate met masjiengewere ontplooi is om die aanvallers te probeer ontmoedig.

Tromme het onophoudelik en ritmies begin slaan vanaf 13H00 en tot en met die aanval voortgeduur. Vier Afrika soldate is uitgestuur om verkenning te gaan doen. ‘n Aanvalsmag van meer as dertig duisend Bokangos was op pad, dronk en bedwelmd. Om20H00 is die omgewing verlig met fakkels en was die tromslae oorverdowend. Terselftertyd het die “Mata! UPA! Mata! UPA!” kreet losgebars. Kerkklokke is laat lui om die aanvallers te verwar.

Aanvalle is vanuit drie rigtings geloods. Die kragstasie is eerste aangeval maar tot stilstand gebring toe die aanvallers begin struikel oor hulle gesneuwelde makkers wat voor masjiengeweervuur geval het. Die burgermag is aangesê om met voertuie in die aanvallers in te dryf en onmiddellik tot die teenaanval oor te gaan toe hulle sigbaar word. Dit is inderdaad gedoen en hand tot hand gevegte het uitgebreek terwyl die verdedigers self “Mata! Mata!” skree. Die aanvallers val terug om te hergroepeer en die laaste aanval word omstreeks 24H00 uitgevoer. Dit misluk jammerlik en die aanvallers blaas die aftog.

DIE PRIMAVERA PLANTASIE

Vrouens is verkrag en vermink, kinders is opgekap en hulle liggaamsdele is in takke van bome opgehang, sommige slagoffers se buike is oopgesny en met gras en hout opgestop en aan die brand gesteek. ‘n Mev Reis wat gemartel, herhaaldelik verkrag en vir dood agter gelaat is, was die enigste oorlewende.

M’BRIDGE

‘n Klein plasie naby die M’Bridge eksperimentele plaas is vroeg die oggend van 15 Maart 1961 eerste aangeval. Die leier van die aanvallers waarvan in die AGTERGROND ook vermeld word, het aguerdente of tuisgemaakte brandewyn van die bejaarde boer en sy vrou geëis. Die boer is ingelig dat sy aguerdente sleg smaak en toe hy verskoning maak, is sy keel deur die leier met ‘n kombuismes afgeny. Sy volgelinge is daarna beveel om die kop af te sny en saam met sy vrou in die bed te sit sodat sy kan onthou dat die leier die huis besoek het.

Die aanval op die eksperimentele plaas het 6H00 plaasgevind. Die enigste oorlewende was ‘n voorman wat met sy jaggeweer op die aanvallers begin losbrand het. Sy ammunisie het opgeraak en hy het sy Afrika bediende na ‘n buurhuis gestuur om nog ammunisie te kry. Die aanvallers het egter laasgenoemde gevang en sy kop en geslaggsorgane afgesny en seëvierend omhoog gehou. Gevange manlike slagoffers se oë is uitgesteek, hande is afgekap, hulle is ontman, hulle buike is oopgekap en die ingewande is uitgetrek terwyl hulle nog lewendig was. Een van die oorlewende se vriende is lewendig afgeslag.

Kleiner kinders is in die lug opgegooi sodat hulle bene breek voordat daar voetbal met die sterwende kinders gespeel is. Vrouens en meisies se klere is afgeskeur, hulle is verkrag, elkeen se borste is afgesny en stokke is deur hulle onderlywe gesteek. ‘n Meisie van agtien jaar is aan ‘n boom gekruisig, haar borste is afgesny en in elk van haar uitstrekkende hande geplaas. Die oorlewende ooggetuie se hande en voete is vasgebind, peper is in sy oë gegooi en hy is op die grond rondgesleep voordat ‘n lugmagvliegtuig laag oor die plaas gevlieg het en masjiengewere die terroriste begin neervel het. Die leier van die terroriste bende is tydens hierdie operasie gevang.

MAVOIO

‘n Militêre patrollie het die slagoffers van die slagting by Mavoio ontdek. Omtrent al die huisgesinne is in die huis oorval en selfs die honde en katte is in stukke gekap. In die laaste huis is tot die babatjie in die kotjie se armpies en beentjies afgekap.

MADIMBA

Die gemeenskap (naby aan die Kongo grens) bestaande uit Portugese en Bakongos was so vreedsaam dat die boere en winkeliers nie eers wapens aangehou het nie. Ten spyte daarvan dat hulle bewus was van terreur in die Kongo, het hulle hulself wysgemaak dat “dit nie in Madimba kan gebeur nie.”

Toe die aanvalle in die omgewing rugbaar word, het die hele gemeenskap besluit om te voet na die nabygeleë São Salvador te vlug. Op pad soontoe is besluit om die vrouens, kinders en ‘n paar mans in die bosse te laat terwyl die ander mans wapens en versterkings vanuit São Salvador sou bekom.

Toe hulle terugkeer na die plek in die bos waar hulle die vrouens en kinders agtergelaat het, het hulle die verminkte lyke aangetref. Daar word vermoed dat die lawaai van die aanvallers in die verlate dorpie die kleinkinders en babas laat huil het wat hulle skuilplek verraai het. Vrouens is vanselfsprekend eers verkrag voordat hulle opgekap is. Een afgekapte arm het nog steeds krampagtig ‘n rosekrans vasgeklou.

INTERNASIONALE REAKSIE

Die vlieënier wat Teixeira na Maquela Do Zombo gevlieg het, vertel vir die skrywer van gruwels wat op verskeie kleiner plekkies gepleeg is. Dan sê hy met hoeveel ongeloof en verontwaardiging buitelandse (Engelse en Franse) joernaliste reageer as die feite van die aanvalle aan hulle uitgewys word, so al asof hulle nie die reg het om sleg te praat van die sadistiese moordenaars nie.

In die epiloog meld Burnham dat Holden Roberto in Julie 1961 teenoor ‘n Franse koerant (Le Monde) erken het dat die gruwels gepleeg is, maar dat dit geregverdig was. Ondervraging van gewone ondersteuners van Roberto het geopenbaar dat onafhanklikheid roof van huise, motors, vrouens, en geld beteken, en dat hulle vir die res van hulle lewens nie meer hoef te werk nie.

Holden Roberto en UPA is nooit veroordeel of tot verantwoording geroep vir hierdie gruwels nie. Dit is stilswyend deur die Weste goedgekeur of gerasionaliseer in die “Winde van Verandering” gees wat die sestigerjare gekenmerk het.

Bronne:
Hierdie was oorsponklik geplaas deur Boervryheid
Ek het ook afgekom op 'n nuwe besprekingreeks oor dieselfde boek deur die Suidlanders

Lees gerus ook:
"Which Way Western Man"

"The Farmer at War
"Massacre of the Innocents"
"Anatomy of Terror" PDF file download
"Murder of Missionaries"

1 comment:

  1. Daar is 'n deffintiewe korrelasie tussen hierdie gebeure in die berig en die situasie in SA. Ek glo dat indien hierdie berig vanaand en ten minste vir die volgende maand, gereeld oor die linkse tv nuuskanale, asook al die linkse koerante gebeeldsend en berig word, sou ons mense hier in SA dalk heelwat anders reageer het as die gewone optrek van die skouers, reaksie. Ek sou graag wou hê dat élkeen in SA hierdie berig en soortgelyke berigte onder oé moet kry sodat ons mense uiteindelik uit hul hipnotiese slaap gewek sal word. Ek wil vra dat elkeen van ons volksgenote wat hierdie berig onder oë kry, dit asseblief wyd en syd sal verkondig, want dit is presies dieselfde lot wat op ons wag indien ons nie betyds 'n stok in die die wielspeke van die anc gaan steek nie.

    ReplyDelete