Thursday 15 November 2012

Handvol gruis uit die Hantam

Deur C. Louis Leipoldt

’n Handvol gruis uit die Hantam –
My liewe, lekker Hantam-wyk!
’n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
’n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk –

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
’n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk –
Waboom-blare, ghnarrabos-blare –
Arm eergister en nou skatryk!

1 comment:

  1. Die weemoed wat ons harte verbly. ''Schadenfreude''

    ReplyDelete