Monday 29 October 2012

Die Zoeloekoning? Suid-Afrika het SEWE baie duur konings!

En saam eet hulle miljarde van ons belastingbetalers se swaarverdiende geld!

Zoloekoning: Goodwill Zweletini Hy verdien R59 miljoen. Plus 'n jaarlikse salaris van R 978 321... Asook 'n ekstra R18 000 000 vir nuwe geboue... R 6 miljoen hotelle en reis in 5ster geriewe. Kos R 1,5 miljoen. Vermaak R 969 000. Skryfbehoeftes R 517 000. Bestuur en onderhoud van sy plase R 1,8 miljoen. Hy betaal onlangs R 2,8 miljoen vir 40 beeste. Konsultante en kontrakteurs R 3,5 miljoen. Munisipale dienste R859 000. Verbetering en onderhoud van sy paleise R 14, 3 miljoen. Petrol, olie en gas R 1 miljoen. Admin en ondersteuningsdienste 'n allemintige R 43,2 miljoen!!! Hy het 6 vroue en 27 kinders.

Die Temboekoning; Buyelekhaya Dalindyebo - Sy salaris is R 927 319 p/j. Petrol R 10 000. Selfoontoelaag p/j R 24 000. Ampsmotor (mercedes-Benz ML 350 CDI) R 778 000.


Ndebelekoning; Makhoshonke II - Jaarlikse salaris R 927 319. Admintoelaag R 100 000. Kulturele seremonies R 50 000.

Pondokoning: Zanozuko Sigcau - Jaarlikse salaris R 927 319. Petroltoelaag p/m R 10 000. Selfoontoelaag R 24 000 p/j.

Xhosakoning: Zwelonke Sigcawu - Salaris p.j. R 927 319. Petroltoelaag p/m R 10 000. Selfoontoelaag p/j R 24 000. Ampsmotor ( Mercedes-Benz ML 350 CDI) R 778 000.

Vendakoning: Toni Mpephu Ramabulana - Jaarlikse salaris R 170 096 Sy konvooi voertuie bestaan uit Rolls-Royce 'n Porche, 'n Ferrari en 'n hele paar Range Rovers.

Pedikoning: Thulare Victor Thulare III - Jaarlikse salaris GEEN. Direkteur van 16 maatskappye. 10 Platinum myne op sy grond.

Skrikwekkend hoe ons geld deur Suid-Afrika se Konings ingesluk word, terwyl armmoede aan die deur klop!

1 comment:

  1. Hoeveel derduisende hektaar Trustgrond besit hierdie konings? Hulle haat apartheid en kolonialisme, maar leef binne Verwoerd idees wat nie vreemd is, hele Afrika leef hulle so.

    ReplyDelete