Monday 10 December 2012

Die Gelofte en die NG Kerk se siening

Ope brief aan die Kerke van Suid-Afrika
4 Desember 2012

Re: Geloftefees- ‘n Broer in die tronk?

Die Bybel maak dit baie duidelik dat ‘n volk wat nie sy Geloftes onderhou nie, swaar gestraf sal word. In die lig hiervan vra ek vandag die kerke van Suid-Afrika hoekom hulle so min aandag gee aan die volk se Geloftes (Ja, ons volk is met 4 Geloftes aan die Vader verbind)

Kyk, as julle ernstig was oor die mense in julle banke, die Bybel en ons Skepper sou dit julle seker bygeval het dat die afwatering van ‘n Gelofte, ‘n bittere skande is. Ja, julle hou elke jaar kersdienste (op ‘n datum wat ons nie eers kan bevestig of ons Verlosser gebore is nie), maar op ‘n datum soos 16 Desember waar ons volk ‘n direkte verbond gesluit het met ons Vader, is julle stil. Hier en daar is nog ‘n gemeente wat regtig erns maak met die saak op 16 Desember, maar oor die algemeen word dit eenvoudig afgewater en is dit ‘n paar ou mensies wat nog die dienste bywoon. Is dit julle ‘n idee van ‘n Dankdag tot SY eer?


Ek vermoed die kerke, die gelowige blanke, die nageslag aan wie die Geloftes oorgedra is, is skaam oor ons Geloftes. Veral Bloedrivier. Sien, dit is sekerlik vir julle moeilik om aan julle lidmate wat nie deel is van die Gelofte te verduidelik dat hierdie ‘n spesiale band is tussen God en ‘n spesifieke volkie. Wat eens ons trots was is nou ons skande... of hoe?

Die realiteit is dat die Geloftes gemaak is. Julle ongerief is besig om mense weg te neem van hulle plig teenoor ons Vader en dus is julle direk verantwoordelik vir hierdie volkie se ondergang. Julle het dit reg gekry dat een van die belangrikste datums vir ons volk so verflou het, dat kinders vandag nie eers weet waaroor dit gaan nie. Bravo! Dit van kamstige Godsmanne wat erns het met die Woord en duisende mense moet lei... ?

Na regte moet die Geloftes, soos 16 Desember, uitstaan in die kerk-kalender. Kerke moet seker maak hulle lidmate weet van die inhoud van die Gelofte en dat hulle dit nakom! Maar Bloedrivier is soos ‘n broer in die tronk! Julle weet almal daarvan, maar durf nie praat daaroor nie? Hierdie verbond is gelsuit met ons as volk... ‘n Gelofte wat nagekom moet word. Dit is die plig van die kerke om seker te maak dat hierdie Geloftes nagekom word. Dit is ‘n Bybelse opdrag...

Dit is ‘n hartseer dag wanneer die “kerk” sy werk nalaat... Die waarskuwing oor hulle wat die mense mislei is in die Bybel opgeteken... Dalk maar weer gaan lees oor die goedjies en plan maak om die mense in jou gemeente hierdie jaar te lei na die Gelofte, en dit te vier soos ons daaraan verbind is...

Dit is nou as dit julle nie te veel verontrief nie...

Met liefde,

Johan van der Merwe


Die antwoord van die NG Kerk SA

Beste broer Van der Merwe

Vergun my eers 'n pastorale woord. U sluit u brief af met die woorde "Met liefde", maar u brief is deurspek van neerhalende sarkasme. As u dit ernstig bedoel met die God van die Bybel is dit nie die manier om te kommunikeer nie.

Op u beskuldiginge gee ek bloot twee besluite deur van twee Algemene Sinodes van die NG Kerk:

1994: Geloftedag: viering van 16 Desember
In die lig van die besluite van die Algemene Sinode van 1990 oor Geloftedag, besluit die Sinode dat:
1. die regte verstaan van die betekenis van Geloftedag en versoening en vrede in Suid-Afrika met mekaar versoenbaar is;
2. 16 Desember in die toekoms dus ook vanuit hierdie verstaan van die gelofte van 1838 gevier moet word;
3. die instansies betrokke by die viering van die dag hierdie standpunt in ag moet neem
1998: Geloftedag
Die Algemene Sinode besluit dat:
1. 16 Desember vanjaar as ‘n dag van vrede en verdraagsaamheid gevier word:
2. alle Christelike denominasies hierby betrek word;
3. gedagtig aan die gelofte, almal wat hulle met die gelofte kan vereenselwig, sal onthou dat God daarin erken word as God, die Almagtige en Onderhouer van volke, kulture en tale en dat ons in die lig hiervan in ‘n gees van versoening saam voor die Here sal bring.

Vriendelike groete

Dr Kobus Gerber
Algemene Sekretaris / General Secretary
Nederduitse Gereformeerde Kerk / Dutch Reformed Church
Posbus 13528 * PO Box 13528
Hatfield, 0028 Hatfield, South Africa, 0028
Tel: +27 (12) 342 0092
Faks/Fax +27 (12) 342 0380
Sel/Cell: +27 82 895 5680
E-pos/mail kobusg@ngkerk.org.za
algemenesinode@ngkerk.org.za


Antwoord op NG Kerk:

Goeie dag,

Baie dankie vir die skrywe. Vergun my ook dalk ‘n woord ter verduideliking. Ek het die laaste drie jaar van my lewe gespandeer aan my volk en is deel van ‘n groot groep mense wat alles wat ons het verloor het onder die vaandel van versoening waarvan u so graag praat. So in u pastorale kundigheid het u dalk my woede en moedeloosheid verkeerdelik gesien as sarkasme.

In die laaste twee dekades het die kerk miljoene Rande spandeer aan die opheffing van ander volke terwyl die mense in julle banke tot niet gegaan het. In hierdie tyd is ek gekonfronteer met die realiteit van plaasmoorde, armoede en algemene hopeloosheid. In dieselfde tyd het julle gefokus op Belhar en of die Duiwel regtig bestaan of nie.

So verskoon my as ek dalk voorkom dat ek sarkasties was. Ek is nie sarkasties ek is woedend! Ek is woedend dat julle Sondag na Sondag die realiteit van julle eie lidmate ignoreer. Ek is woedend dat julle 80-90% (soos aangehaal in Rapport) van julle welsyn spandeer op ander volke terwyl daar duisende en duisende van die mense wat eers in julle banke gesit het, nou in plakkerskampe vergaan. Ek is woedend vir die stilte oor die onreg teenoor ons volk!

Dus, in u oordeel oor my sarkasme sit u die pot mis. Dit is uit woede. Maar ek het die brief geskryf uit liefde, want ek weet daar is nog van ons volk se mense wat verbete vasklou in julle kerk en daarom is ek bekommerd oor hulle. Die Gelofte is ‘n band tussen hierdie volk en God. As julle nie dit so gaan kommunikeer nie is julle besig om van Sy Woord en ingryping ‘n bespotting te maak.

Net soos die Verbond staan tussen God en volk , so staan die Gelofte tussen volk en God, maar julle water dit af. Dan kruip julle weg agter julle sinodale besluite van ‘n dekade terug. Verstaan julle dan nie dat julle besig is om hierdie ongelooflike verpligting van hierdie volk te verflou nie?

Maar goed... Ek weet al hoe werk die kerk... Elke versoek word eers herwaarts en derwaarts gestuur en dan op elke vlak bespreek en dan dalk oor ‘n jaar op die volgende sinodale sitting bespreek voor daar ‘n besluit kom...

... en in daardie jaar sal nog duisende Boermense verarm... sal honderde vermoor, verkrag en verniel word en sal julle banke nog meer leeg loop...

En dit is nie sarkasme nie, maar die realiteit waarmee ons te doen het.

Ek bedank u weereens vir u skrywe. Baie ander het nie eers die moeite gedoen om te antwoord nie.

Ek smeek u- Gaan lees weer die Skrif rondom geloftes en besef hoe belangrik dit is vir hierdie volk om dit na te kom. As daar nog iewers ‘n skynsel van Boer in u is, sien die nood van hierdie volk raak...

Met liefde (sonder sarkasme)

Johan van der Merwe


An open letter to all Christians in South Africa
06 December 2012

Re: The vow of Bloedrivier (Bloodriver) 16 December 1838

As a fellow-believer in Christ, I am saddened by the attitude in South Africa regarding the Boer nations’ vow on 16 December each year. In the last two decades the Bloedrivier-Gelofte, as we know it, was guided into a right-wing activity and replaced by the idea of reconciliation. It seems that Christians are either ashamed of this vow or discomforted by it?

Let us quickly take a look at some scriptures:

Psa 65:1  To the chief Musician, A Psalm and Song of David. Praise waiteth for thee, O God, in Sion: and unto thee shall the vow be performed.

Psa 76:11  Vow, and pay unto the LORD your God: let all that be round about him bring presents unto him that ought to be feared.
Ecc 5:4  When thou vowest a vow unto God, defer not to pay it; for he hath no pleasure in fools: pay that which thou hast vowed.
Ecc 5:5  Better is it that thou shouldest not vow, than that thou shouldest vow and not pay.

If you do believe in the Bible as the Word of God, these scriptures should surely serve as witness to the magnitude of a vow. Now, take into account that this vow was unto God, by the Boer nation, and God did give the victory, against all odds, to a small group as it was stated in the vow.

Now, you might speculate that this vow was only applicable to the small group of people, but you would be wrong. The vow clearly states that this day should be held as a Sabbath, not only for the people involved, but also for generations to come. An easy explanation would be to compare it with the grace bestowed on the descendants of Abraham, Isaac and Jacob. The one a ‘vow’ or covenant by God unto people, the other a vow by the people to honor God.

Taken this all into account, no Christian can criticize a group of people keeping their vows. In fact, as a fellow-believer it would be very unkind unto your neighbor to insult, degrade or ignore this important agreement between a nation and God…

This judgment unto others, this attitude against the Boer nation for doing what they are bound by God to do, is a total discrimination towards the Word of God. You can clearly see that a vow must be kept! By creating the perception that this vow is outdated, or racist or negative, you are judging an agreement that God Himself honored.

Let us be straight with one another- By changing an agreement with God, which should be honored as stipulated in the vow, into a day of the people is blasphemy. By labeling this vow as outdated, you are implying that the Word of God is outdated. By not encouraging a fellow-believer to keep his vows unto God, is nothing less than to lead a brother astray.

Irony is- You are losing out on blessing. See, if this Boer nation keeps their vow unto the Almighty, the Boer nation will be blessed, and if the Boer nation is blessed, then South Africa will also be a blessed place…

It is a sad day when a believer, a Christian, judge an agreement that was sealed by God Himself… If you know the history of Bloedrivier, there will be no doubt in your mind that a miracle happened that day…

This year, 16 December, the Boer nation will honor God and keep our vow intact.

With love,

Johan van der Merwe

Lees gerus die kommentare onderaan die volgende skakel.

Source: http://www.news24.com/MyNews24/An-open-letter-to-all-South-African-Chrsitians-20121206

3 comments:

  1. Hierdie Johan VD Merwe, is absoluut reg in sy beoordeling van n gewigtige gelofte wat so afgewater geraak het dat woorde dit eenvoudig nie kan beskryf of verwoord nie.Ongelukkig sit die NGK die pot mis(maw daar le mis op hul stoep). Hulle is vaag en misleidend met hul verduideliking. Soos ek my geskiedenis geleer het, is die gelofte tussen die Voortrekkers en die Vader gesluit, ons as nageslag moet dit eer. Ewe skielik is daar geen fout om ook nou in 1994, die wat nie deel is van die gelofte, te laat deel daarin nie. Die NGK bly leeg loop, uiteindelik as die dominee alleen daar staan, sal die besef dalk posvat dat hulle gedwaal het. Daar is n smagte na die waarheid, daarom loop hordes in die NGK. Mnr J vd Merwe, derduisende soos ek beleef en voel dit soos u dit ervaar. Ons salueer u. Oor die belediging wat opgehaal word, dis snert. Ons kan lees, ons kan vertolk, steur u ook nie daaraan nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit pla my al baie lank dat daar skielik nie meer Geloftedienste bygewoon word nie, of dat die kerke nie moeite doen met`n Gelofte preek nie. Johan het die reg om die Kerke uit te trap, net jammer dat daar op die Gelofte van ons voorouers neergesien word. Ek het ook die kommentaar gelees van baie lesers, en was geskok om te sien dat die meeste lesers absoluut `n godelose en neerhalende uitkyk het op ons Gelofte, nogal Afrikaanssprekende lesers. Wanneer het die mense so afvallig geword van ons Godsdiens ? Jy kan ook nie ander mense insluit om die gelofte te herdenk, deur dit as versoeningsdag te vier nie. Dit is nie waaroor die gelofte gegaan het nie. Hoe kan jy met die moordenaars van die boere wil versoen ? Jy verraai dan eintlik jou voorouers en God.

      Mariaan

      Delete
  2. Die blinde sambok gaan hard slaan... Dit weet ons

    ReplyDelete