Thursday 11 October 2012

Persverklaring - Nuwe Party vir Blanke Regte


Persverklaring
Nuwe Party vir Blanke Regte


Op 10 Oktober 2012 is die Federale Vryheidsparty van Suid-Afrika (FVP) amptelik bekendgestel in Capital Park, Pretoria. Die party is reeds by die OVK as party geregistreer.

Hierdie was ‘n geskiedkundige gebeurtenis, wat die hertoetrede van die blankes van die land tot die hoofstroom politiek aangekondig het. Die FVP is gestig om die regte van blankes in Suid-Afrika vanaf die openbare verhoog en vanuit ‘n publieke forum te bevorder en te beskerm.

Huidiglik kan blankes hulle eie regte net afdwing deur hulle tot die howe te wend, wat elke keer duur en tydrowend is. Die feit is egter dat blankes net soveel regte het as enige ander bevolkingsgroep in terme van internasionale reg. Dit is slegs in Suid-Afrika dat daar ‘n artikel 36 in die Grondwet is, waardeer daar “wettiglik” teen “’n klas van persone of burgers” gediskrimineer kan word, en daardie klas van burgers is blankes.


Die FVP sê dit is tyd dat blankes opstaan vir hulle regte, en nie meer skaam moet wees, of wegskram daarvan om vir die ANC duidelik te sê dat hulle genoeg gehad het van diskriminasie in die werksplek, in die onderwys en in die handel en ‘n gedwonge tweedeklas burgerskap, terwyl hulle as kleinste volksgroep 47% van die privaat belasting aan die staatskas betaal.

Die party se beleid is gebou op die volgende beginsels:

1.      Die Party erken die reg van alle volke, nasies en etniese minderheidsgroepe tot:

a)      selfbeskikking,

b)      eie regering,

c)       die beskerming en handhawing van hulle manier van leef en doen,

d)      die uitlewing en beskerming van hulle taal en kultuur,

e)      die beheer en bestuur van hulle eie onderwys,

f)       die beheer en bestuur van hulle eie gesondheidsorg en maatskaplike dienste,

g)      die beheer en bestuur van hulle eie landbou en voedselvoorsiening,

h)      die beheer en bestuur van die openbare orde binne hulle gemeenskappe,

i)       die voorsiening van ‘n eie regbank en die beskerming van hulle regspleging,

j)       die beskerming van hulle mense teen misdaad, en

k)      die reg om aan die handel, ekonomie en arbeidsmark deel te neem sonder enige beperkings.

2.   Die Party staan vir ‘n Konfederale staatsbestel vir Suid-Afrika, waarin alle volke, nasies of etniese groepe sy eie deelstaat kan hê, waarin sodanige volk, nasie of etniese groep homself kan regeer volgens sy eie godsdienstige- en kulturele lewensbeskouing, vry van inmenging van enige vreemde staat of organisasie.  Die konfederale ooreenkoms sal alle deelstate saambind in ‘n ekonomiese konfederasie.

In die verband word ook ‘n afgebakende konfederale deelstaat voorsien, soortgelyk aan Washington DC in die VSA, waarin persone wat nie burgerskap wil aanvaar van enige ander deelstaat nie, wel burgerskap kan verkry. Dus word daar onderskei tussen 1) die Konfederale Regering en Deelstaat Regerings, en 2) die konfederale deelstaat en volksdeelstate.

Navrae kan gerig word aan die Nasionale Sekretaris Francois Cloete by selnommer: 076 986 8195, en ook by sy persoonlike e-pos adres: frana.swys@yahoo.com

Francois Cloete

Nasionale Sekretaris en Woordvoerder : Federale Vryheidsparty

076 986 8195

www.fv-party.co.za

1 comment:

  1. Great news . Please give us more info on their principles etc .

    ReplyDelete