Saturday 30 June 2012

Die Strewe na Selfbeskikking


VOLBER
17 April 2012, Pretoria.

Onder leiding van die Volksorganisasie Leiersberaad (VOLBER) is daar die afgelope naweek begin met ‘n nuwe hoofstuk in die politieke geskiedenis van Suid-Afrika. Onder Volber se leiding, is daar besluit op ‘n noodsaaklike paradigma-skuif oor die Volk se betrokkenheid in die Suid-Afrikaanse politiek, waarin die blankes vir hulleself ‘n toekoms moet beding en bepaal. Daar het al reeds 20  sogenaamde “regse” organisasies, bewegings en forums by VOLBER aangesluit, wat die nuwe rigting en inisiatief steun.


Die primêre doelwit van VOLBER, is om 1) ‘n verenigde gespreksforum vir Volks-organisasies se leiers te skep, en 2) selfbeskikking vir die Volk te bewerkstellig binne die internasionale aanvaarde politiek en reëls. Hierdie positiewe, praktiese, en volhoubare inisiatief is ‘n vars bries na 18 jaar in die politieke woestyn. Talle van die verteenwoordigers op hierdie amptelike Stigtingsvergadering van VOLBER in Pretoria was verbaas oor die positiewe gesindheid waarmee groepe en individue na die tafel gekom het. VOLBER het daarin geslaag om individue en groepe wat tot onlangs wantrouig teenoor mekaar was te verenig in ‘n sinvolle konteks. VOLBER as sambreel organisasie beoog om op hierdie sukses voort te bou en een en elke leier binne die behoudende blanke politiek die geleentheid te bied om saam, as ‘n verenigde front, ‘n gemeenskaplike doelwit na te streef.

Die spontane momentum gegenereer uit die werking van VOLBER is ‘n duidelike aanduiding van die behoefte om ‘n moderne en werkbare oplossing te vind. Een van die uitdagings wat VOLBER wil aanpak is om die misplaaste persepsie, dat behoudende groepe “regses” is wat hulself ophou met terreur en rassisme,  uit te wis. Die gesprekke wat gelei het tot die stigting van VOLBER en die aksies wat hieruit voortspruit getuig van ‘n paradigma skuif om meer sigbaar, meer effektief en meer prominent betrokke te raak binne die Suid-Afrikaanse politieke landskap.

Die stigtingsvergadering van VOLBER was ‘n groot sukses en die eerste tree in ‘n nuwe rigting wat die politieke landskap in Suid-Afrika drasties sal verander in die maande wat voorlê.

Hein Muller
Voorsitter: VOLBER.




Volksraad Verkiesing Kommissie
http://www.vvk.co.za/

Hartlik welkom by die webwerf van die Volksraad Verkiesing Kommissie. As jy vreemde heerskappy verwerp en staan op jou internasionaal-erkende reg van demokratiese volksregering, is dit JOU Kommissie ook. Ons volk staar sekerlik die grootste bedreiging van sy bestaan in die gesig. Maar dit was altyd juis tye soos hierdie, wat tot ons grootste ure met ons Skepper gelei het – laat ons dodelike bedreigings dus ook hierdie keer ‘n smeltkroes word wat ons veredel op die weg na vryheid.

Daar was die afgelope jare vele planne van vele organisasies en individue wat telkens voorgegee het om Die Plan te wees wat na vryheid sou lei. So ‘n Plan was daar nog nooit, en die Kommissie wil ook nie voorgee dat daar so Plan bestaan nie. Vryheid hang nie af van Die Plan nie – vryheid is die uiteinde van ‘n reis. ‘n Onbekende reis. Maar een wat ons moet onderneem ter wille van die oorlewing van ons en ons nageslag en ons wese as volk. Maak op hierdie webtuiste kennis met die beginsels waarop ons hierdie reis onderneem. En mag jy met ons saamreis.

Klik hier om die kandidate te ontmoet. 

Om die nuusinsetsel oor Die VVK op SABC2 te kyk, klik hier.



OASE
http://www.oase-ekspedisie.com/

Ek kan ongelukkig gladnie die inhoud van die blad sien nie, maar ek glo as mens Internet Explorer gebruik sal dit seker moontlik wees.


http://www.orania.co.za/wp-content/themes/k2-rc7/styles/orania/page-header.png
Orania
http://www.orania.co.za/

Orania is ‘n selfstandige Afrikaner- gemeenskap wat streef na Afrikanerselfbeskikking binne ‘n federale Suid-Afrika. Die Orania Beweging is ‘n kultuur-politieke instelling wat steun werf vir die ideaal van Afrikanerselfbeskikking.

No comments:

Post a Comment